ONS PAKKETTE
HET JOU BESIGHEID 'N AANLYN AFSTOF NODIG?

Ons gee vir jou 'n GRATIS WEGSPRING-PAKKET as jy besluit om een van LiefLeef Media se sosiale media pakkette, vir 6 maande of meer, te neem. Ons het 3 standaard pakkette waaruit jy kan kies.
Indien jy slegs ʻn digitale afstof nodig het, maar nie nou na sosiale media kyk nie, kan ons steeds die wegspring-pakket vir jou bied.
WAT BEHELS DIE WEGSPRING-PAKKET?
Hier tel ons die besems op en stof af waar nodig is (volgens jou unieke behoeftes). Dit kan enige iets van die opdatering of skep van jou sosiale media bladsye (Facebook en Instagram), tot jou Google aanlyn profiel, wees. Hierdie stappe sal verseker dat jou besigheid professioneel voorkom en maklik bereik kan word.
Ons het 3 standaardpakkette waarvan jy kan kies.
'LIEF' wat ons kleinste pakket is, 'LEKKER' wat werklik die lekker pakket is, en dan ons 'LEEF' pakket waar ons voluit gaan.
Ons verstaan wel dat elkeen se behoeftes verskil en daarom slaan ons graag 'n unieke pakket aanmekaar volgens jou spesifieke behoeftes.


